Geskiedenis van ons skooL
Die ontstaan van Laerskool Cloetesville
Dié skool het 16 Julie 1969 met 630 leerders en 17 onderwysers begin. Teen 1971 het die getalle na 1 200
leer ders en 39 onderwysers gegroei.
Die skoolhoof, Rodger Cupido, beskryf Laerskool Cloetesville as ’n “moeder skool” omdat die skool gelei
het tot die totstandkoming van ander skole in Cloetesville. “Hoërskool Cloetesville het as gevolg van dié
skool ontstaan. Van die onderwysers wat hiér was, het saam met die leerders na die hoërskool in 1979 oor ‐
beweeg. Ons skool se getalle het te groot geraak om al die leer ders te huisves. Die Wes-Kaapse
Onderwysdepartement (WKOD) het besluit om nog twee laerskole, Pieter Lange veldt en Rientenbosch
Primêr, te bou.”
By die skool se 40ste bestaansjaar in 2009 het die WKOD besluit om die skool te herbou. Tot ongeveer agt
jaar gelede het die skool uit slegs tydelike geboue bestaan.
“Die skool sou aanvanklik net vir 10 jaar in gebruik gewees het aangesien dit nie met bakstene gebou was
nie. Ná vele onderhandelings, stres, trane en druk deur die voor malige skoolhoof, Abraham Samuels, het die
WKOD besluit om ’n nuwe skoolgebou op te rig.”
Die skool het tans 26 onderwysers en 699 leerders wat hoofsaaklik van Cloetesville en Kayamandi is.
Cupido het verskeie doelwitte vir die skool oor die volgende paar jaar. Hulpbronne is egter beperk, gegewe
dat dit ’n geen-fooi-skool is.
Een van hierdie doelwitte is om al die leerders aan e-leer-middele bloot te stel. Die skool het tans e-leertoerustings
in agt klaskamers.
“Dis ’n prioriteit om al ons leerders aan e-leer in die klaskamer bloot te stel. Jy prikkel altyd hul aandag met
visuele dinge en hulle leer soveel makliker,” vertel Cupido.
Die skool het grond, maar nie ’n sportterrein nie en Cupido sê nóg ’n doelwit is om die sportterrein te
ontwikkel sodat die skool al die sportkodes by die skool self kan aanbied.
Die leerders gebruik tans Cloetesville-sportterrein, wat verskeie uitdagings meebring. “As hulle hier by die
skool sport kan beoefen, sal dit hulle motiveer om deel te neem. Ons sal dit baie beter kan beheer en sal
ander skole ook kan nooi. Ons het baie talentvolle kinders.”
Omdat dit ’n geen-fooi-skool is, maak hulle baie op geld insamelings staat.
Die Skoollied
Die toekoms lê ons wyd vooruit
Ons skroom nie vir die stryd.
Met God getrou hier aan ons sy.
Sal ons steeds voorwaarts stry
KOOR
Voorwaarts, voorwaarts!
Ja voorwaarts met trots.
Voorwaarts, voorwaarts!
Met God as ons rots.
‘n Lange pad reeds saam geloop
Geloof, vertroue en hoop
Deur dik en dun steeds saamgebind
Uit liefde vir die kind.
Deur God geroep en sterk gemaak
Die stryders vir Sy saak.
Die moederskool, ja pionier
Ja, Viva groen en goud!